User:Anrie/gallery
Jump to navigation
Jump to search
Beelde wat ek ingeskandeer het. Ek is besig om so veel as moontlik boeke te versamel wat ingeskandeer en dan na die Commons opgelaai kan word (beelde vir Wikipedia, tekste vir Wikisource), maar die inskandering vat lank en ek is maar nog nat agter die ore en sukkel soms.
Afrikaans op die planke
[edit]-
Anton Ackerman bied met trots aan: Tersa Rossouw in - en as - Emily Hobhouse.
-
André Huguenet as Ampie in 1930
-
André Huguenet in die rol van Dr. Rank in Isben se Die Poppehuis,, wat Paul de Groot in 1928 opgevoer het.
-
André Huguenet in die produksie Johannes van Wyk
-
André Huguenet as Hamlet en Berdine Grunewald as Ophelia in Hamlet, wat Huguenet in 1947 ter viering van sy 21ste jubileum in Johannesburg en Pretoria opgevoer het.
-
Anna Cloete, as 'n straatseun in Vergeet my nie, van die Norval-geselskap. (1941)
-
Anton Ackermann in 1941, toe hy Vergeet my nie en Die Verstoteling opgevoer het.
-
Danie Smal in 1925
-
Gert van den Bergh, Paula Styger, Pierre de Wet en Anna Neethling-Pohl in 'n toneel uit Sita se Die Goeie ou tyd (1944).
-
Die Hanekoms se Jongspan in 1947. Agter: Eghard van der Hoven, Tilana Hanekom, Daan Retief, Hentie van Rooyen en Danie Smuts. Voor: Martie Groenewald.
-
Die Oorskotjie-geselskap, onder leiding van Willem van Zyl, stel voor: Die Verstoteling. 'n Stryd tussen Twee Susters - Die Moeder en haar Gunsteling, die Vader en sy Liefling. Wie van die twee Susters wen Tony Anderson?
-
Toneel uit die toneelstuk: Ek onthou vir Mamma. Die drie moeders met hul drie dogters - almal saam in een N.T.O.-geselskap wat Ek onthou vir Mamma in 1954 opgevoer het. Die stuk het 'n jaar op die pad gebly. Links agter: Wena Naudé en voor haar Nilo, haar dogter. Middel: Elsa en Bobbette Fouché. Regs: Mathilda en Tilana Hanekom.
-
Elsa Fouché en Jean Plaat-Stultjes het in die vroeë jare dertig stukke soos East Lynne, In die kloue van Satan en Moederloos opgevoer.
-
Elsa Fouché in die vroeë 1930's.
-
Haar egskeiding (Clemence Dane se Bill of Divorcement) is in 1935 deur die Huguenet-geselskap opgevoer. Die aktrise heel links is onbekend. Langs haar sit Siegfried Mynhardt en dan volg Ena du Toit, André Huguenet, Lydia Lindeque, Paula Styger, Nico van Rooyen en Dewald van der Merwe. Die dekor was deur Cecil Pym van Kaapstad en die foto is op die verhoog van die ou His Majesty-teater in Johannesburg geneem.
-
Paul de Groot-toneelgeselskap: André Huguenet, Rena la Roche, Paul de Groot en Henry van Wyk in Haar Twede Man. Die geweldige en spannende drama in 4 bedrywe deur Géraldy.
-
Reddingsdaadbond stel voor Die Hanekoms en Geselskap in Hans die Skipper. Aanskou en Luister na die Storm op die See! Bliksemstrale. Donderslae. 'n Bruisende See en Huilende Wind!
-
Reddingsdaadbond stel voor Die Hanekoms en Geselskap in Hans die Skipper. Dramatiese Meesterwerk. Sublieme toneelstuk met sy wisselende stemminge. Lag en Huil soos die stuwende en dalende branders van die woelige see.
-
André Huguenet, Hermien Dommisse en Paula Styger in Helshoogte, 'n vertaling van Emily Bronte se Wuthering Heights (1943.)
-
Hendrik Hanekom soos hy verskyn het as Oom Paul, waarskynlik sy grootste rol
-
Henri van Wyk as Oom Bart.
-
James Norval in Verlore siel, sy weervawe Dr. Jekyll and Mr. Hyde (1934)
-
Japie en Pikkie van Niekerk soos hulle verskyn het in Die Vroueduiwel, 'n verwerking van Schonherr se Weibsteufel.
-
Johan Fourie, Suid-Afrikaanse toneelspeler van die dertiger- en veertigerjare.
-
Johannes Van Wyk. Toneelvoorstelling van J.H.H. de Waal se geliefde verhaal deur die geselskap van André Huguenet. Die Afrikaanse toneelspeler, André Huguenet, met sy hoofdame, Lydia Lindeque.
-
Die Afrikaanse toneelspeelster Lydia Lindeque.
-
Lydia Lindeque, hoofdame van die Huguenet-geselskap.
-
Magda Malan en Benn Potgieter in 1935.
-
Marie Herselman as Juania in Sangiro se verwerking van Eugene Marais se Diep Rivier, wat deur die Anton Ackermann-geselskap opgevoer is.
-
Mathilda Hanekom, soos sy verskyn het in Onskuldig Veroordeel.
-
Moederloos uit die vroeë 1930's. Die Plaat Stultjes Toneelgeselskap Vertolk FANNY EDEN se beroemde verhaal: "MOEDERLOOS". Gedramatiseer in 'n Toneelspel van 4 bedrywe deur S. Ignatius Mocke.
-
Die Afrikaanse toneelspeler Morné Coetzer.
-
Henri van Wyk en geselskap in Oom Bart se nuwe petaljes en moleste. Sjeef! Laaste sien van die witwark! Appel my siepel my stert is aan die brand!
-
Die Hanekoms en Geselskap stel voor Oom Paul, vir die reddingsdaad.
-
Die Oorskotjie-geselskap het in 1936-1937 Die skitterende idee opgevoer. Staande verskyn, van links na regs, Retha Aveling, Johann Nell, Hope Esterhuizen en Ria Olivier. Voor is Wena Naudé en Jac Waldeck.
-
By die opening van die Maraissentrum, hoofkantoor van die Nasionale Toneelorganisasie in Pretoria, in 1957. Links is mnr. P.P. Bretyenback, direkteur van die NTO, saam met prof. W.J. du P. Erlank, ondervoorsitter van die beheerraad van die organisasie, en mev. Susan Strijdom, wat in die afwesigheid van haar eggenoot, die Eerste Minister, die opening waargeneem het.
-
Paul de Groot soos hy verskyn het in Dumas se Gerieflike huwelik in 1928.
-
Paul de Groot besig om hom te grimeer vir die rol van kol. Schwarze in Huistoe ('n verwerking van Sudermann se Heimat), die stuk waarin "Magda" en "Doom" Hanekom hul byname gekry het en waartydens die naam van Gert Bostlap ook verander is na André Huguenet. (1926).
-
Die Suid-Afrikaanse toneelspeelster Pikkie Uys in 1936-1937.
-
Die Suid-Afrikaanse toneelspeelster Sann de Lange.
-
Siegfried Mynhardt as jongeling - toe hy by Anna Wensma-Klaasen aangesluit het om in Napoleon se Wasvrou ('n verwerking van Rostand se Madame Sans-Gene) op te tree in 1930.
-
Die Spoorwegwa waarmee die De Groot-Hanekom-geselskap in 1926 met Huistoe gereis het. Agter, van links na regs, Henri Steenkap, Maxie Botha, André Huguenet, Anna Marais, Hendrik Hanekom en Wena Naudé. Voor: Mathilda Hanekom en Paul de Groot.
-
Stephanie Faure, mede-regisseuse van Leipoldt se Die Heks in 1925.
-
Wena Naudé (links) en Mathilda Hanekom in 1929.
-
Wena Naudé in die De Groot-aanbieding van Oorskotjie in 1926.
Allerhande
[edit]-
Besig om die hele FAK in te skandeer. Sien die kategorie F.A.K.-Volksangbundel.
Soos verskyn in F.A.K.-Volksangbundel. -
Afrikaans skrywer C. J. Langenhoven met Mev. Langenhoven by die kerk in Oudshoorn op die huweliksdag van hul dogter, Engela, in 1926.
Soos verskyn in Cornelis Jacobus Langenhoven.
Suid-Afrikaanse Geskiedenis in Beeld
[edit]-
Afrikaans: Journeying Kaffirs, 'n akwatint uit Albert se De Kaffers in 1810 uitgegee.
-
Afrikaans: All among the Hottentots capering ashore, 'n satiriese uitbeelding van die 1820-setlaars, wat die emigrante herinner aan die gevare wat op hulle wag.Verskyn in 1820-Setlaars
-
Afrikaans: Dingane het opgestaan en 'Bulalani abathakathi' ("Maak dood die towenaars) geskree, en die krygers het dadelik die Boeregesante aangeval. Hulle is in werklikheid buite die koninklike kraal op die teregstellingsrots, Matiwane, vermoor.Verskyn in Dingaan.
-
Afrikaans: 'n Jong Zoeloekryger, in 1860 afgeneem. Alle mans jonger as 40 is opgeroep tot krygsdiens in drie ouderdomsregimente, elk met kenmerkende hooftooisels en skilde.Verskyn in Zoeloes.
-
Afrikaans: Khoisan besig om sprinkane te braai. 1805. Akwatint in kleur deur Samuel Daniell.
-
Afrikaans: Korah-Khoikhoi besig om hulle hutte af te breek om na nuwe weivelde te trek. Akwatint deur Samuel Daniell. 1805.Soos verskyn in Hotentoti.
-
Afrikaans: Stellenbosch in 1779.Soos verskyn in Stellenbosch.
-
Afrikaans: Afskrif van die verdrag tussen Retief en Dingane, gedateer 4 Februarie 1838. Dit is 10 maande later in 'n saalsak naby Retief se stoflike oorskot gevind.Verskyn in Piet Retief.
-
Afrikaans: Die eerste grondbrief aan 'n vryburger, in die naam van Jacob Cloete van Cologne. Die datum daarop is 1675 en dit verwys na gron langs die Liesbeekrivier.
-
Voorstelling van 'n Zoeloe-aanval op 'n Boerelaer in Februarie 1838.
-
Jan van Riebeeck land in Tafelbaai in April 1642.
Soos verskyn in Кейптаун. -
Jan van Riebeeck (1619 - 1677), stigter van die eerste kolonie in Suid-Afrika onder opdrag van die VOC.
Soos verskyn in Jan van Riebeeck. -
'n Khoikhoi-nedersetting by Tafelbaai.
Soos gesien in Khoikhoi. -
Vasco da Gama (c. 1469 - 1524) was 'n Portugese ontdekkingsreisiger, en die leier van die eerste ekspedisie van Portugal na Indië.
Reeds 'n verskyning gemaak in 1497. -
Aankoms van die 1820-Setlaars in Algoabaai.
Soos verskyn in John Thomas Baines. -
Lord Charles Somerset (1767 - 1831) was 'n Britse goewerneur van die Kaapkolonie van 1814 tot 1826.
Soos verskyn in Lys van Goewerneurs van die Kaap.
Stamme & Ryke (Erfenisreeks)
[edit]-
Die leefwyse en kleredrag van die Xhosa in die vroeë 1800's.
Laas gesien in Xhosas. -
Zoeloevrouens besig om bier te brou. Hulle het ook die erdeware gemaak wat hulle gebruik.
-
Ludwillo, 'n jong Mpondo-man, vertoon die haarmodes wat algemeen onder die Mpondo was.
-
Seun van Faku, die Mpondo-opperhoof, vertoon die haarmodes wat algemeen onder die Mpondo was.
-
Die Kwena (Bakones) het hulle hutte in reuse wildevybome gebou, om uit die pad van leeus te kan woon.
-
Fear of lions and other predatory animals led the Difaqane to build their huts on stilts or more van 2 m. A waterpainting.
-
Ndebele (Matabele) krygers. Die kunstenaar, Charles Bell, het Mzilikazi in 1835 besoek en sy waterverfskildery, getiteld "Our Zoola Guard of Honour", beklemtoon die herkoms van die Ndebele. Die kopringe en die grootte van die skilde is van Zoeloe-oorsprong.
-
Zuluhutte, uit 'n waterverftekening van Charles Bell.
-
A Kora, as depicted in the 19de-century by Burchell.
-
Juli, a Khoi guide, as depicted in the 19de-century by Burchell.
-
'n Tlhapingkaptein en sy vrou, soos waargeneem deur eerw. John Campbell by "New Lattakoo" (Kuruman), kort voor die verbrokkeling van die Tswana leefwyse a.g.v. die Difaqane.
Soos verskyn in Tswanas. -
'n Jeugdige Ngqika, opperhoof van die Rharhabe Xhosa, in sy knoopversierde luiperdmantel.
Soos gesien in Xhosas. -
"Dingane in Ordinary and Dancing Dresses", by Captain Allen Francis Gardiner.
-
Dingane's dance girls in exotic dress, by Captain Allen Francis Gardiner.
-
Dingane's praise singer, as seen and depicted by Allen Francis Gardiner. The singer appeared at the end of each dance. Gardiner described him as such: "Enveloped in the skin of a panther, he bore no resemblance to a human being.
-
Mzilikazi ("Die Groot Pad) (1790 - 1868), was 'n Suider-Afrikaanse koning wat die Matabele-koninkryk gestig het - Matabeleland, in wat later as Rhodesië sou bekend staan en vandag Zimbabwe is.
-
Water painting of a Ndebele kraal.
-
A Ndebele warrior
-
Sjaka, koning van die Zoeloe. Na 'n skets van Lt. James King, 'n Port Natalse handelaar.
-
Beide die Khoi en Bantusprekende groepe het pakosse gebruik, siende daat die tsetsevlieg afwesig was suid van die Vaalrivier.
-
'n Xhosapaartjie in die vroeë 1800's.
-
Een van die vroegste afbeeldings van 'n Zoeloekryger. Deur Kaptein William Owen, wat die Ooskus tydens die bewind van Sjaka verken het.
-
Volgens die sendeling Robert Moffat het die Xhosa hulle bejaarde ouers in die woestyn agtergelaat om daar te sterf.
-
Zoeloekoning Sjaka se neef, Utimuni, 'n Zoeloekryger.
Gesien in Bataille de Kambula.
Die Wonderpatroontjie
[edit]-
Afrikaanse kunstenaars in Parys.
-
Belgiese weergesteldheid: I) om 8 uur; II) om 20 oor 8; III) om 27 oor 8.
-
Belgiese weersgesteldheid: I) op die eerste slag van 12 uur; II) op die twaalfde slag van 12 uur.
-
Tonnie en die gedaante.
-
So onhandig soos 'n olifant met 'n tennisraket.
-
Die Patroontjie teruggekry.
-
Slagoffers van die kuns.
-
Ontmoeting van twee nagemaakte lords.
-
Ons portrette. Sien hoe mismaak die stomme Danie lyk!
-
Vlug is 'n goeie ding, maar jy moet betyds begin.
-
Titelblad van Die Wonderpatroontjie.
-
Voorblad van Die Wonderpatroontjie.
-
Ek sit 'n keel op, dat jy g'n hemel of aarde kon beken nie.